
Libuyile Farming Services: Waar tradisie, tegnologie en gemeenskapsontwikkeling ontmoet
Op die plaas Voorspoed, teenaan die Krugerwildtuin, is dit die samewerking tussen Libuyile Farming Services, die gemeenskap en Agrico wat verseker dat die 4 500 ha suikerriet op die plaas hoog staan vir nog ’n suksesvolle oes.
Aan die stuur van die produksie staan Nico Nel. Met 31 jaar se ervaring agter die blad, lei hy vandag ’n span van vier plaasbestuurders.




