Agrico se nuutste tegnologie sit geld in jou sak

Natasha Pretorius, ProAgri

Boer jou hektare meer effektief met die nuwe 12.5 m Hoe Spoed Dis

Die dryf om meer ekonomies te boer is die gedagte agter elke Agrico implement. Die nuwe 12.5 m Hoë Spoed Dis, is ‘n toonbeeld hiervan: wyer werk beteken meer hektare per dag, ‘n besparing van tyd en uiteindelik meer geld in die boer se sak. Die robuuste monster van ‘n werktuig het sy eerste verskyning by die onlangse NAMPO-oesdag gemaak.

Agrico se eerste HSD model is in 2017 aand die mark bekend gestel en was dadelik ‘n wenner onder boere. In reaksie op boere se behoefte om nog wyer te werk, is die 8.0 m in 2023 bygevoeg, min wetende dat hy ‘n jaar later weer die klein boetie sou wees.

Emile Maree van Agrico Lichtenburg vertel dat die nuwe 12.5 m HSD ontwerp is om boere te help om hektare op te jaag: “Hoe meer hektare jy kan bewerk, hoe meer ekonomies is die werktuig. Hierdie HSD het so 30 kW per meter nodig om doeltreffend te werk; dit beteken ‘n trekkervereiste van net 360 kW vir die hele werktuig.”

Hoër koste het die afgelope paar jaar verseker dat boere oorskakel na groter trekkers en dus groter werktuie. Groter toerusting vereis minder arbeid, minder onderhoud en gee vir boere beter beheer. Omdat boere die werk so vinnig as moontlik wil afhandel met minder toerusting, is die 12.5 m HSD die perfekte toevoeging tot enige boerdery.

Hierdie model het 360 mm skottels, vou op om maklik en vinnig verskuif te word en het hidrouliese dieptebeheer.

Presisie besproeiing deur pasgmekaate drup- en mikrostelsels

Agrico se nuwe HSD was nie die enigste ding wat boere se aandag by die oesdag getrek het nie.

Met water- en energiebesparing ‘n prioriteit vir boere regoor Afrika, verskaf Agrico pasgemaakte drup- en mikrobesproeiingsoplossings wat die meeste van jou beskikbare hulpbronne maak en kostes bespaar. Die stelsels word deur ervare ingenieurs ontwerp, om waterverbruik te verminder en terselfde tyd gesonde wortelstelsels met korrekte vlakke van vog bevorder.

Vir boere en landbou-ontwikkelaars regoor Afrika bied Agrico die hele pakket, vanaf enkel produkte tot volledig geïnstalleerde besproeiingstelsels. Agrico se dienste sluit die ontwerp, uitleg, kosteberaming en installasie van jou besproeiingstelsel in, sowel as na-verkopediens,  sodat jy seker kan wees dat jou gewasse nooit sal dors ly nie.

Related articles

Vrymansfontein shows how almond farming thrives in South Africa

At Vrymansfontein, part of the Vondeling Group in South Africa’s Paarl district, almond farming is thriving thanks to a combination of ideal climate and efficient irrigation practices. With plans to harvest its first commercial crop in 2025, the farm uses a tailored drip irrigation system designed in partnership with Agrico to meet the specific needs of almonds.

Read More »

Agrico Lichtenburg help 2-weke lange kragonderbrekings oplos

Inwoners van Lichtenburg in Noordwes ervaar al meer as twee weke lank onderbrekings in kragtoevoer, nadat ‘n Eskom-transformator gebreek het en ‘n kabelfout by ‘n minisubstasie ontstaan het. Agrico het saam met ander tegniese spanlede van plaaslike ondernemings, hulp aangebied om die probleem op te los.

Read More »

Agrico se moderne tegnologie baat een van die oudste plase in Suid-Afrika

Groot Phesantekraal Boerdery, naby Durbanville, is een van Suid-Afrika se oudste plase en die eerste koringplaas. In 2024 is dit ‘n diverse familieboerdery, bestuur deur die vierde en vyfde geslag van die Brink-familie. Hul vennootskap met Agrico staan deur die jare. Beide Agrico en die boerdery is in Durbanville geleë, wat hul verbintenis aan die gemeenskap versterk.

Read More »

Agrico help om 140 inheemse bome te plant

Op Donderdag, 5 September 2024, is 140 inheemse bome geplant op die plaas De Rust in Elgin, die tuiste van Paul Cluver Wynlande. Wat begin het as ‘n kampvuur-gesprek tussen vriende, het ontaard in ‘n inisiatief wat nie net die natuur bevoordeel nie, maar ook die plaaslike leerders betrek.

Read More »