Agrico Tzaneen installeer besproeiing vir bloubessietonnel by Hoërskool Merensky

Grethe Bestbier

Agrico Tzaneen kon die maand bydra tot die plaaslike gemeenskap deur die drupbesproeiingstelsel van ’n nuwe bloubessietonnel by Hoërskool Merensky te installeer. Hierdie tonnel is spesifiek geoogmerk vir die verbouing van bloubessies wat dwarsdeur die jaar deur die Graad 10 leerders behartig gaan word. 

Vele hande maak ligte werk

Die aanplant van drie kultivars bloubessies, ‘n vroeë, middel- en laat-kultivar, laat die leerders toe om reg deur die jaar oor bessieverbouiing, besproeiing en skedulering te leer. 

Agrico het ook leermateriaal aan die skool verskaf, wat onderwyser Muller Boshoff kon gebruik om die leerders mee op te voed.  

In samewerking met Real IPM, wat fokus op organiese voeding, skedulering en monitering, poog die span om onder andere ’n pH vlak van 5.5 te handhaaf, ideaal vir bloubessies.

’n Praktiese leervaring

Volgens Marius Jansen Van Rensburg, takbestuurder van Agrico Tzaneen, was dit ’n positiewe ervaring vir die leerders, wat hulle hande self kon vuilmaak en op ’n praktiese manier kon leer oor besproeiing. Die voltooide drupbesproeiingstelsel gebruik Netafim NetBow drupperpyp en puls nou ’n paar minute per dag water deur die tonnel. 

Dit is nie die eerste maal dat Agrico vir HS Merensky ondersteun met opleiding en installasie nie. Die Tzaneen-span het verlede jaar drupbesproeiing geskenk en ’n hidroliese kraan geïnstalleer vir sorghumverbouing, en verwag veeerdere uitbreiding in die toekoms.

Related articles

Vrymansfontein shows how almond farming thrives in South Africa

At Vrymansfontein, part of the Vondeling Group in South Africa’s Paarl district, almond farming is thriving thanks to a combination of ideal climate and efficient irrigation practices. With plans to harvest its first commercial crop in 2025, the farm uses a tailored drip irrigation system designed in partnership with Agrico to meet the specific needs of almonds.

Read More »

Agrico Lichtenburg help 2-weke lange kragonderbrekings oplos

Inwoners van Lichtenburg in Noordwes ervaar al meer as twee weke lank onderbrekings in kragtoevoer, nadat ‘n Eskom-transformator gebreek het en ‘n kabelfout by ‘n minisubstasie ontstaan het. Agrico het saam met ander tegniese spanlede van plaaslike ondernemings, hulp aangebied om die probleem op te los.

Read More »

Agrico se moderne tegnologie baat een van die oudste plase in Suid-Afrika

Groot Phesantekraal Boerdery, naby Durbanville, is een van Suid-Afrika se oudste plase en die eerste koringplaas. In 2024 is dit ‘n diverse familieboerdery, bestuur deur die vierde en vyfde geslag van die Brink-familie. Hul vennootskap met Agrico staan deur die jare. Beide Agrico en die boerdery is in Durbanville geleë, wat hul verbintenis aan die gemeenskap versterk.

Read More »