Agrico help om 140 inheemse bome te plant

Op Donderdag, 5 September 2024, is 140 inheemse bome geplant op die plaas De Rust in Elgin, die tuiste van Paul Cluver Wynlande. Wat begin het as ‘n kampvuur-gesprek tussen vriende, het ontaard in ‘n inisiatief wat nie net die natuur bevoordeel nie, maar ook die plaaslike leerders betrek.

Die oorsprong van die projek

Die projek is gedryf deur ‘n groep individue met ‘n gemeenskaplike doel: om op die lang termyn ‘n positiewe impak op die toekoms van ons land te maak.

Die vriendekring het saamgekom om die droom te realiseer. André Malan van Fairtree het ingestem om geelhoutbome te skenk, as deel van die “Yellowwood Reforestation Project,” met die doel om die Kaapse Papegaai terug te lok na sy oorspronklike habitat. Die bome is geplant op Paul Clüver se plaas, De Rust in Elgin, waar indringerspesies uitgehaal is om plek te maak vir die nuwe inheemse bome.

Walter Andrag het voorgestel dat Agrico na die besproeiing van hierdie nuwe plantasies sal omsien.

“Om ‘n boom te plant impliseer vertroue in die toekoms, om inheemse bome te plant impliseer bewaring en respek vir die geskiedenis. Om dit saam met ‘n skool te kweek, beteken ‘n volgende geslag word opgelei om te bewaar en te bou op ‘n volhoubare manier,” meen Walter.  “Hierdie kombinasie stem sterk ooreen met Agrico se kernwaardes, daarom wou ons graag ons deel bydra!”

Terwyl Hendrik Pfaff van Longmountain Trust die energie hoog gehou het om die projek vooruit te dryf, het hy ook die blink idee gehad om De Rust Futura Akademie by die inisiatief in te sluit. Deur hierdie nuwe plantasie word leerders geleer oor die natuur, bewaring en ‘n volhoubare toekoms.  

Die oorsprong van De Rust Futura Akademie

De Rust Futura Akademie is ‘n plaaslike skool wat vir die gemeenskap soveel meer beteken as net ‘n plek van onderrig. Die skool het sy deure meer as 60 jaar gelede, op 27 Januarie 1957, deur Dr. Paul Cluver se ma, Gertrude, geopen. Gertrude, ‘n tweede geslag-Andrag, het uit haar jare by die sendingstasie op Saron passievol geword oor die rol van opleiding en opvoeding in ‘n gemeenskap.

Dit is daardie passie wat haar later, na haar huwelik met Paul Cluver, gemotiveer het om De Rust Futura Akademie te stig om kwaliteit onderwys aan die kinders van plaaswerkers wat op die omliggende plase in Elgin en Grabouw gewerk het, te bied.

Vir Agrico is dit ‘n voorreg om deel te wees van die gemeenskap en om deur hierdie boomplantprojek ‘n bydrae tot die omgewings se volhoubaarheid te lewer. Die projek is ‘n getuienis dat gemeenskaplike waardes en sterk familieverbintenisse ‘n deurslaggewende rol kan speel in die sukses van ons plaaslike gemeenskappe.

Related articles

Vrymansfontein shows how almond farming thrives in South Africa

At Vrymansfontein, part of the Vondeling Group in South Africa’s Paarl district, almond farming is thriving thanks to a combination of ideal climate and efficient irrigation practices. With plans to harvest its first commercial crop in 2025, the farm uses a tailored drip irrigation system designed in partnership with Agrico to meet the specific needs of almonds.

Read More »

Agrico Lichtenburg help 2-weke lange kragonderbrekings oplos

Inwoners van Lichtenburg in Noordwes ervaar al meer as twee weke lank onderbrekings in kragtoevoer, nadat ‘n Eskom-transformator gebreek het en ‘n kabelfout by ‘n minisubstasie ontstaan het. Agrico het saam met ander tegniese spanlede van plaaslike ondernemings, hulp aangebied om die probleem op te los.

Read More »

Agrico se moderne tegnologie baat een van die oudste plase in Suid-Afrika

Groot Phesantekraal Boerdery, naby Durbanville, is een van Suid-Afrika se oudste plase en die eerste koringplaas. In 2024 is dit ‘n diverse familieboerdery, bestuur deur die vierde en vyfde geslag van die Brink-familie. Hul vennootskap met Agrico staan deur die jare. Beide Agrico en die boerdery is in Durbanville geleë, wat hul verbintenis aan die gemeenskap versterk.

Read More »