Agrico raak vuil vir liefdadigheid

Grethe Bestbier

Die Agrico Tzaneen-span het hierdie naweek hul hande behoorlik vuil gemaak vir liefdadigheid by hierdie jaar se Dirt Dash. 

Die Dash, bestaande uit ’n reeks hindernisse wat vereis dat spanne moet spring, kruip en hardloop deur die modder, word aangebied deur die Tzaneen Care Group ter ondersteuning van kankerpasiënte.

Groen van kop tot tone

Meer as 240 deelnemers spanne het hierdie jaar ingeskryf vir die dag, wat plaasgevind het op Saterdag 21 Mei. Talle toeskouers het die spanne, wat wissel vanaf die jongspan tot die oud en ervare, entoesiasties geondersteun.

Volgens Marius van Rensburg, takbestuurder van Agrico Tzaneen, was dit vet pret vir ‘n goeie doel. 

“Dit was baie ’n lekker geleentheid vir spanbou en saamlag!” se Marius.  

Spanne het bestaan uit twee tot ses lede, en is aangemoedig om lawwe spandrag aan te trek en ’n kreet vir die span uit te dink.  Die Agrico-span het besluit om groen te gaan. Van kop tot tone, met grasgroen hare en kniesokkies, het sewe dapper siele die modder aangepak.

Kruip deur die modder vir ’n goeie doel

Al die dag se opbrengste word geskenk vir die verwesenliking van die Tzaneen Care Group se visie en missie in terme van sorg, bystand en ondersteuning. Hierdie nie-winsgewende organisasie bestaan uit ‘n groep vrywilligers wat omsien na die behoeftes van kankerpasiënte, veral terminaal siekes.

Hul doelwit is om ‘n veilige hawe te bied vir terminaal siek kankerpasiënte, met opgeleide personeel en verwyder vanaf ’n hospitaalomgewing. Hier kan pasiënte hul laaste dae saam met familie en vriende deurbring.

Besoek gerus tzaneencaregroup.co.za vir meer inligting of om ’n donasie te maak.

Related articles

Vrymansfontein shows how almond farming thrives in South Africa

At Vrymansfontein, part of the Vondeling Group in South Africa’s Paarl district, almond farming is thriving thanks to a combination of ideal climate and efficient irrigation practices. With plans to harvest its first commercial crop in 2025, the farm uses a tailored drip irrigation system designed in partnership with Agrico to meet the specific needs of almonds.

Read More »

Agrico Lichtenburg help 2-weke lange kragonderbrekings oplos

Inwoners van Lichtenburg in Noordwes ervaar al meer as twee weke lank onderbrekings in kragtoevoer, nadat ‘n Eskom-transformator gebreek het en ‘n kabelfout by ‘n minisubstasie ontstaan het. Agrico het saam met ander tegniese spanlede van plaaslike ondernemings, hulp aangebied om die probleem op te los.

Read More »

Agrico se moderne tegnologie baat een van die oudste plase in Suid-Afrika

Groot Phesantekraal Boerdery, naby Durbanville, is een van Suid-Afrika se oudste plase en die eerste koringplaas. In 2024 is dit ‘n diverse familieboerdery, bestuur deur die vierde en vyfde geslag van die Brink-familie. Hul vennootskap met Agrico staan deur die jare. Beide Agrico en die boerdery is in Durbanville geleë, wat hul verbintenis aan die gemeenskap versterk.

Read More »