Bloemfontein-boer vind besparing en gemoedsrus met Agrico Web Control

Wanneer ‘n boer in Bloemfontein woon en ‘n hand moet hou op boerderye in Hopetown, Jakkalsdraai en verder, kort hy of sy ’n ekstra paar oë: ’n manier om virtueel teenwoordig te wees op die plaas, om elke pomp, spilpunt en pyp te kan moniteer, en belangrikste, om met gemoedsrus oor ’n lang afstand in beheer te wees. Dit is presies wat Gerrie Scholtz ondervind met Agrico Web Control, Agrico se afstandbeheerde en geoutomatiseerde besproeiingsagteware. 

’n Aanlyn oplossing vir jou spilpunte en pompe

Gerrie boer met springmielies, koring en lusern in die Vrystaat. Daarby het hy ook ’n paar veëvertakkings waarop hy sy oog moet hou. Sy twee besproeiingsboerderye is geleë rondom Hopetown, en volledig toegerus met Agrico Web Control.  

Agrico Web Control is ’n internet gebaseerde besproeiingsoplossing vir jou spilpunte en pompe. Die stelsel bied afstandbeheer en outomatisasie vanaf enige slimfoon, tablet of rekenaar met internettoegang. Die oplossing bied, onder meer, buigsame programmering, ‘n gedetailleerde geskiedenis van gebruikersinsette en gebeurtenisse, SMS- en/of telefoniese kennisgewings, sowel as beheer van meer as een pomp op een hooflyn.

Met die toevoeging van ‘n GPS-module op die laaste toring van ‘n spilpunt, kan sy posisie akkuraat bepaal word, en spilpunt of sy inlaatdruk daarvolgens beheer word. Die druk aan die einde van die spilpunt kan ook gemoniteer word, en met behulp van ’n variable speed drive (VSD) op die pomp outomaties en akkuraat beheer word.

Tradisioneel is besproeiingstelsels met konstante inlaatdrukke ontwerp om deurlopend te voldoen aan die maksimum inlaatdruk wat die spilpunt (by die hoogste punt) benodig. Met Web Control en GPS kan druk by die senter gevarieer word volgens die topografie om presies aan die minimale drukbehoefte op enige tydstip te voldoen. So word groot hoeveelhede energie bespaar.

Die gemoedsrus van akkurate afstandbeheer

Gerrie het drie jaar gelede sy eenste masjien met Agrico Web Contol toegerus as ‘n toets. Vandag is daar nie een van sy stelsels wat nie van Web Contol gebruik maak nie. Die Agrico Kimberley tak, onder leiding van Joe Coetzee, was deurtyds betrokke by die ontwerp, installasie en na-verkope diens. Deur die jare is ’n paar dinge verander, maar te dankie aan Joe se kennis en Web Contol, het hulle vandag ’n stelsel wat werk

“Die ontwerp het ’n groot verskil gemaak. Joe is al vir ongeveer 15 jaar betrokke by ons. Ons maak staat op sy akkurate ontwerpe, pompkombinasies en pypkeuses, te same met die Web Contol.”

Die besproeiingstelsel gebruik pompe met VSDs om water na spilpunte te voorsien. Die sisteem laat jou pompe toe om teen die laagste aanvaarbare spoed water te lewer, in plaas daarvan om onnodig teen volspoed te werk. 

“Dit is belangrik dat alles in die korrekte volgorde verloop, en dis ongelooflik hoe Web Control daarmee help. Omdat ek in Bloemfontein sit, is ek aangewese op die mense op die plaas. Vroeër moes ons iemand stuur om krane groter of kleiner oop te maak. As jy nog ’n spilpunt wou aansit, moes jy ‘n addisionele pomp gaan aanskakel wat dalk 3 of 4 kilometer ver was. Nou doen jy dit met jou selfoon.”

Met Web Control kan Gerrie en sy span elke dag die hele sisteem bestuur. As daar foute opduik, tel hulle dit dikwels op voor die ouens op die plaas.

Web Control het eintlik so half my lewe verander. Omdat ek nie op die plaas bly nie, voel ek net meer in beheer. Daar is baie beter kontrole, van enige plek af.”

Meer presisie en groot besparing met minder moeite

Behalwe vir die gemoedsrus, laat Web Beheer jou toe om meer akkuraat te boer. 

“Wanneer jy boer probeer jy alles met presisie doen. Dit sluit in jou bemesting, jou planttoestand en jou grond. Wanneer dit by water kom, kan jy nie bekostig om te laat glip nie,” sê Gerrie. 

Die besparing van Gerrie met Web Control verkry kon sedert dag een waargeneem word in sy totale kragverbuik. Soos hy tereg vra: as jou spilpunt kan loop op ‘n druk van twee bar, hoekom sal jy energie verkwis deur dit teen drie bar te laat loop? 

“Met hoër energiekostes moet jy investeer om meer effektief te raak en winsgewend te bly. Een manier om dit te doen is om beter beheer te hê oor jou watervoorsiening en spilpunte.”

Volgens Gerrie moet die belangrikheid van effektiewe watertoediening nie onderskat word nie. Jy kan ook nie effektief kunsmis toedien as jy nie konstante beheer oor die spilpunt het nie. Dit is juis waarmee Web Control help. Waneer die spilpunte bult op en bult af beweeg, pas die sisteem aan by die kontoere van die land en varieer dit die druk soos nodig. Dit, sê Gerrie, is waar jou groot besparing inkom.  

“Met Web Control kan jy hierdie beheer verkry. Dit is nog ’n tegniek om jou boerdery meer presies te maak.”

Related articles

Vrymansfontein shows how almond farming thrives in South Africa

At Vrymansfontein, part of the Vondeling Group in South Africa’s Paarl district, almond farming is thriving thanks to a combination of ideal climate and efficient irrigation practices. With plans to harvest its first commercial crop in 2025, the farm uses a tailored drip irrigation system designed in partnership with Agrico to meet the specific needs of almonds.

Read More »

Agrico Lichtenburg help 2-weke lange kragonderbrekings oplos

Inwoners van Lichtenburg in Noordwes ervaar al meer as twee weke lank onderbrekings in kragtoevoer, nadat ‘n Eskom-transformator gebreek het en ‘n kabelfout by ‘n minisubstasie ontstaan het. Agrico het saam met ander tegniese spanlede van plaaslike ondernemings, hulp aangebied om die probleem op te los.

Read More »