Die Agrico T1000 Ripper op York plaas: ’n Duursame oplossing vir effektiewe grondbewerking

Op die plaas York, ‘n klipgooi vanaf Ellisras in Limpopo, dryf Johan van der Linde sy boerdery met trots met die hulp van Agrico se kwaliteit produkte en volgehoue goeie diens. 

“Ek het nie ‘n begeerte om eers by ‘n ander ou uit te vind of hulle produkte beter is nie, want wat Agrico doen, doen hulle goed,” meen Johan. 

York boerdery fokus op die verbouing van groente soos aartappels, botterskorsies, soetrissies en uie. Verder word daar ook geboer met beeste en wild. 

Op hierdie plaas word daar gebruik gemaak van Agrico spilpunte om gewasse volhoubaar te besproei. Daar is ook ’n ander Agrico-groen masjien op die plaas: ‘n T1000 herset ripper. Volgens Johan, is dié bulletjie net wat hy nodig gehad het om nuwe hoogtes in sy boerdery te bereik. 

Jy moet jou lande diep te bewerk, meen Johan

Volgens Johan is die proses om te rip ’n groot bepaler van sy oes se sukses. 

“Jy wil ‘n ripper gebruik om jou land te skeur aan die droë kant. Só breek jy die aarde oop en daarna kom jy met jou ander bewerkings om ‘n fyn saadbed voor te berei om te kan plant.”

Die ripper (se roller) help om die grondoppervlaktes gelyk te maak, klonte te breek en om finale afwerking te verseker. In party gevalle is hierdie bewerking genoegsaam om die saadbed te vorm, sodat jy direk hierna kan plant.

‘n Energie-slim ontwerp met ‘n outomatiese herset meganisme

Johan se T1000-skeurploeg bestaan uit elf tande, waarvan elke tand 25kW benodig om getrek te kan word.  Afhangende van grond toestande, kan die implement tot ongeveer 630 mm diep werk. Dit verseker genoegsame vrystelling van suurstof vir die gewas wat hier geplant gaan word. Daarby help werking met ‘n ripper om reënwater vas te vang en afloop te verhoed. 

“Ek kon nog nooit so diep skeur nie. Gelukkig het ons ‘n groot genoeg trekker om hom te kan trek. Ek het baie getwyfel, maar hy dien hom soos ‘n droom,” getuig Johan.

Die tande van die T1000 ripper kan automaties herset sonder om werktyd te mors. Tande word outomaties teruggestel tydens werking sonder om spoed te verminder of die implement te verhoog, wat dit ideaal maak vir grond met groot ingebedde rotse. Hierdie meganisme help ook om die res van die implement se struktuur te beskerm, sodat jou implement ‘n langer leeftyd geniet. 

“Die ripper hou sy diepte in grondbewerking. Elke keer as jy ‘n harde klip slaan, kom die hele masjien nie uit en gaan terug nie; dit is slegs een tand,” sê Theo Van Staden, takbestuurder van Agrico Nylstroom.

Die gebruik van ‘n dunner plaat verseker dat die tand minder energie gebruik om deur die grond gesleep te word, met die gevolg dat minder krag per tand nodig is. Die impak word steeds gefokus op die skaar.  

“Ons is almal eens daaroor dat dit ‘n ripper is wat ons met ‘n goeie hart verkoop. Jy wonder nie of jy ‘n fout gemaak het nie. Dit is altyd ‘n suksesverhaal,” sê Theo. 

Gebou vir Suid-Afrika se taai kondisies

Die Agrico T1000 is plaaslik ontwerp en gebou spesifiek vir Suid-Afrika se uitdagende terreine. Duursaam, energie doeltreffend en ontwerp om selfs die rofste gronde te hanteer, bied die T-reeks rippers jare se lojale diens en vra baie min in ruil daarvoor.

Hoë-sterkte materiaal verminder slytasie op tande en verseker ‘n lang lewensduur. Alle skare is stewig aan die tande vasgebout, maar steeds maklik om te ruil, terwyl gedraaide vere die implement se lewensduur verleng.

 “Ek is baie bly ek het ‘n Agrico gekoop, want hierdie is yster. ‘n Ripper moet hard wees, hy moet nie wankelrig wees nie,” meen Johan.

Die skeen op die struktuur tree in as beskermer teenoor die tand. Alhoewel die skaar die taak verrig, word die slytasie daarop verminder. Die hoekigheid van die roller verseker ook dat klonte met gemak gebreek kan word.

Onderdele van hierdie implement is maklik verkrygbaar as gevolg van die standardisering tussen die verskillende modelle. Die raam, roller, aste en buste oor die drie generasies – T800, T1000 en T1250 – rippers is dieselfde.

Johan is dankbaar vir die reis wat hy saam met Agrico kan aanpak. “Ek het al ‘n lang en goeie pad saam met Agrico gestap. Hulle ry elke dag hier by my verby, en hulle diens is fantasties.”

Related articles

NAMPO 2025: Agrico wys pad vorentoe met slim besproeiing

Met die tema “alles vir jou besproeiing, onder een dak”, het Agrico se indrukwekkende uitstalling in Bothaville die klem geplaas op hulle wêreldklas-produkte en -dienste, met spesifieke fokus op die G4 spilpunt, presisie besproeiing, en die volledige reeks besproeiingstoebehore.

Read More »

Agrico golfday: Komatipoort swings into action for amputees

The annual Agrico Komatipoort Golf Day, held at the Kambaku Golf Club on 16 May, once again proved that giving back can be both meaningful and fun. This year’s event brought together 60 players, numerous suppliers, and more than 200 attendees, all in support of Jumping Kids, a nonprofit organisation that empowers children with prosthetic needs through sport.

Read More »