Gesoute besproeiingsontwerper Cobus Myburgh sluit aan by Agrico Douglas

Grethe Bestbier

Ná dekades se ervaring in die besproeiingsindustrie, glo Cobus Myburgh aan ‘under promise and over deliver”. Sedert Augustus 2022 deel hy sy kundigheid én filosofie met die Agrico Douglas span, waar hy klante in die Douglas en Prieska omgewings sal bedien met besproeiingsontwerp en implement-verkope.

Die area bevat ‘n groep baie sterk besproeiingsboere wat tegnologies boer.  Ek dink Agrico het die produk en dryf om hierdie boere effektief te diens,” meen Cobus. 

Cobus het grootgeword op ‘n plaas teen die Oranjerivier. Dus was “besproeiing nog altyd deel van (sy) lewe”. Na skool het hy siviele ingenieurswese gestudeer en ‘n spesiale belangstelling in die hidrolika-komponent ontwikkel. ‘n Loopbaan in besproeiing was sy voorland. 

‘n Spilpuntkenner met jare se ervaring

Ná 10 jaar by GWK gevolg deur 14 jaar by Valmont (Valley Irrigation), is Cobus vandag ‘n volwaardige kundige in die ontwerp en outomatisering van spilpuntstelsels. 

“’n Spuitpakket is die hart van enige spilpuntstelsel. Aangesien ek baie tyd en navorsing daarop gedoen het, het ek deeglike kennis daarvan,” sê hy. 

Vir Cobus, is goeie diens en kundigheid die sleutel tot n goeie besproeiingsmaatskappy soos Agrico. 

“Ek dink Agrico is ‘n baie dinamiese besproeiingsmaatskappy. Ons sukses sal afhang van ‘n goeie verhouding met kliënte, diens, uitstekende ontwerp en nederigheid. Jy moet die kliënt se drome verwesenlik met die beste en mees doeltreffende produk.”

Related articles

Vrymansfontein shows how almond farming thrives in South Africa

At Vrymansfontein, part of the Vondeling Group in South Africa’s Paarl district, almond farming is thriving thanks to a combination of ideal climate and efficient irrigation practices. With plans to harvest its first commercial crop in 2025, the farm uses a tailored drip irrigation system designed in partnership with Agrico to meet the specific needs of almonds.

Read More »

Agrico Lichtenburg help 2-weke lange kragonderbrekings oplos

Inwoners van Lichtenburg in Noordwes ervaar al meer as twee weke lank onderbrekings in kragtoevoer, nadat ‘n Eskom-transformator gebreek het en ‘n kabelfout by ‘n minisubstasie ontstaan het. Agrico het saam met ander tegniese spanlede van plaaslike ondernemings, hulp aangebied om die probleem op te los.

Read More »

Agrico se moderne tegnologie baat een van die oudste plase in Suid-Afrika

Groot Phesantekraal Boerdery, naby Durbanville, is een van Suid-Afrika se oudste plase en die eerste koringplaas. In 2024 is dit ‘n diverse familieboerdery, bestuur deur die vierde en vyfde geslag van die Brink-familie. Hul vennootskap met Agrico staan deur die jare. Beide Agrico en die boerdery is in Durbanville geleë, wat hul verbintenis aan die gemeenskap versterk.

Read More »