Guilliam Oberholster nuwe bestuurder van Hartswater: “Ons moet ‘on top of our game’ wees”

Dit is vir die Agrico-span ’n plesier om Guilliam Oberholster as die nuwe takbestuurder van Agrico Hartswater voor te stel. Guilliam en sy span beoog om in die komende jare Hartswater se produsente te ondersteun met effektiewe ontwerpe, die nuutste besproeiingstegnologie en toegewyde dienslewering. Hy neem die leisels oor by Corno Bothma, wie Agrico Hartwater gelei het vanaf 2020 tot 2023.  

’n Lang pad saam met Agrico

Vir meer as twee dekades, kruis Guilliam en Agrico se paaie keer-op-keer.  Die Hartswater tak is die derde Agrico-tak wat sal baat by sy ondervinding en besproeiingskennis. 

Guilliam se besproeiingsloopbaan het in 1991 afgeskop as ontwerper by Boeresake, waarna hy by verskeie besproeiings- en landboumaatskappye gewerk in die kleinhandel sowel as groothandel. Byna 20 jaar gelede het hy vir die eerste maal aangesluit by Agrico as besproeiingsontwerper by die Kimberley-tak. In Mei 2022, het hy teruggekeer na Agrico as Lichtenburg se binnelandse bestuurder. 

Met sy nuutste rol as takbestuurder van Agrico Hartswater sedert November 2023, is dit Guilliam se visie om van Agrico Hartswater en Christiana die voorkeurverskaffers van besproeiingstoerusting en -stelsel in die omgewing te maak. Dit sal bereik word deur akkurate voorraadhouding, die ontwerp van tegnies korrekte en ekonomiese stelsels, en natuurlik deeglike na-verkope diens.

Innovasie en opleiding in besproeiing 

Bekend vir sy probleemoplossingsvaardighede en gevorderde ontwerpe, glo Guilliam dit is noodsaaklik dat besproeiingsverskaffers voor bly met tendense en investeer in opleiding. 

“Tegnologie en tegnieke bly verander en vernuwe. Dus is deurlopende opleiding noodsaaklik om seker te maak dat ons by-bly om sodoende vir die boer die beste oplossings te kan bied. Ek is nie ‘n verkoopsman nie, ek verskaf oplossings en goeie diens. Om dit te kan bereik moet ek en my span ‘on top of our game’ wees,” vertel hy.

Guilliam glo dat dit Agrico se verantwoordelikheid is om die boer te help om volboubaar en winsgewend te kan boer. 

“Vir my is dit belangrik om langtermyn verhoudings te bou sodat die boer jou kan vertrou, selfs in die moeilike tye. Dit sal vir die gemeenskap en Agrico tot voordeel strek.”

Ons sien uit om te sien wat Guilliam en sy span gaan uitrig in 2024 en die jare wat voorlê.

Related articles

Vrymansfontein shows how almond farming thrives in South Africa

At Vrymansfontein, part of the Vondeling Group in South Africa’s Paarl district, almond farming is thriving thanks to a combination of ideal climate and efficient irrigation practices. With plans to harvest its first commercial crop in 2025, the farm uses a tailored drip irrigation system designed in partnership with Agrico to meet the specific needs of almonds.

Read More »

Agrico Lichtenburg help 2-weke lange kragonderbrekings oplos

Inwoners van Lichtenburg in Noordwes ervaar al meer as twee weke lank onderbrekings in kragtoevoer, nadat ‘n Eskom-transformator gebreek het en ‘n kabelfout by ‘n minisubstasie ontstaan het. Agrico het saam met ander tegniese spanlede van plaaslike ondernemings, hulp aangebied om die probleem op te los.

Read More »

Agrico se moderne tegnologie baat een van die oudste plase in Suid-Afrika

Groot Phesantekraal Boerdery, naby Durbanville, is een van Suid-Afrika se oudste plase en die eerste koringplaas. In 2024 is dit ‘n diverse familieboerdery, bestuur deur die vierde en vyfde geslag van die Brink-familie. Hul vennootskap met Agrico staan deur die jare. Beide Agrico en die boerdery is in Durbanville geleë, wat hul verbintenis aan die gemeenskap versterk.

Read More »