Knipmesbraai ’n ‘gesellige storie’ en groot sukses vir Brits

Grethe Bestbier

n Behoortlike Brits-fees

Hoërskool Brits se jaarlikse knipmesbraai was hierdie Woensdag weer ’n groot sukses op die dorp se sosiale kalender. 

Die knipmesbraai is Hoërskool Brits se jaarlikse fondsinsameling en bymekaarkomgeleentheid. Met talle plaaslike uitstallers, dosyne bywoners uit die omgewing, ’n groot veiling en 36 skape op die spit, is dit ’n behoorlike Brits-fees. Elke gas kry ook ’n knipmens as geskenk, en wat beter as ’n knipmes om die aand se maaltyd mee te takel?

Volgens Theo Van Staden, takbestuurder van Agrico Brits, is dié jaarlikse geleentheid ’n gesellige storie. 

“Daar is ’n klomp mense en daar is skaapvet orals, maar hier in die noorde met die klomp vleisvreters was dit ’n groot sukses,” spot Theo. “Ek dink dis ’n baie oulike idee van die mense.”

Knipmesbraai_Brits_Agrico_Team_Photo

n Suksesvolle aand vir Agrico Brits

Dit is ook ’n blink geleentheid vir Agrico om die dorp te ondersteun en te netwerk met die omgewing se boere. 

“Ons probeer so paar Agrico-ouens by die stalletjie plaas om vrae te beantwoord. Ons probeer ook om kaartjies te gee vir soveel moontlik boere en kliënte wat nog nie kaartjies gekoop het nie, en dan met hulle te gesels. Hierdie jaar was ons so bederf om by die hek te staan waar almal instap.” 

Die vrugte van die braai word reeds gepluk, meen Theo. 

“Ons het talle positiewe navrae gekry, en ’n klomp bestellings is geplaas,” se Theo. “Die ouens het tyd geneem om te kom vrae vra, wat positief is. Die kostes wat spandeer is op die aand, is reeds gedek met verkope wat daaruit gekom het, en ek glo daar is nog baie oppad.”

Related articles

NAMPO 2025: Agrico wys pad vorentoe met slim besproeiing

Met die tema “alles vir jou besproeiing, onder een dak”, het Agrico se indrukwekkende uitstalling in Bothaville die klem geplaas op hulle wêreldklas-produkte en -dienste, met spesifieke fokus op die G4 spilpunt, presisie besproeiing, en die volledige reeks besproeiingstoebehore.

Read More »

Agrico golfday: Komatipoort swings into action for amputees

The annual Agrico Komatipoort Golf Day, held at the Kambaku Golf Club on 16 May, once again proved that giving back can be both meaningful and fun. This year’s event brought together 60 players, numerous suppliers, and more than 200 attendees, all in support of Jumping Kids, a nonprofit organisation that empowers children with prosthetic needs through sport.

Read More »