NAMPO 2025: Agrico wys pad vorentoe met slim besproeiing

By Jaco Cilliers 

Met meer as 100 jaar se ondervinding in landbou-oplossings, het Agrico vanjaar se NAMPO-skou gebruik om hulle passie en toewyding vir tegnologiese vooruitgang en volhoubare besproeiing ten toon te stel.

Met die tema “alles vir jou besproeiing, onder een dak”, het Agrico se indrukwekkende uitstalling in Bothaville die klem geplaas op hulle wêreldklas-produkte en -dienste, met spesifieke fokus op die G4 spilpunt, presisie besproeiing, en die volledige reeks besproeiingstoebehore.

Die Agrico G4: Die spilpunt wat terugbaklei teen diefstal

Die vlagskip van Agrico se NAMPO 2025 uitstalling was die G4 spilpunt. Hierdie spilpunt is spesifiek ontwikkel om die plae van kabeldiefstal en sabotasie teen te werk. Waar tradisionele spilpunte kwesbaar is vir koperkabeldiefstal, is die G4 ontwerp met robuuste staalbedekkings wat alle waardevolle komponente soos kabels, motors en elektronika doeltreffend beskerm.

Boonop is die spilpunt toegerus met Agrico se eie Web Control stelsel – ‘n gevorderde beheerstelsel wat boere in staat stel om hulle besproeiing op ‘n afstand te moniteer en bestuur. Hierdie outomatisering verseker nie net arbeidsbesparing nie, maar ook presisie in waterbestuur, wat lei tot beter opbrengste.

Lae volume besproeiing: Mors minder, groei meer

Namate water al skaarser word, raak doeltreffend besproeiing meer en meer belangrik. Agrico se drup-, mikro- en makrobesproeiingstelsels het ook groot belangstelling gelok by NAMPO. Hierdie stelsels voorsien lae volumes water met minimale waterverlies, wat ideaal is vir gewasse soos wingerde, sitrusboorde, groente en neutbome.

Wat Agrico onderskei van die res, is die ekstent van hul besproeoingsdiens en -kennis. Van stelselontwerp tot vervaardiging, installasie en na-verkope ondersteuning, is daar geen deel van die besproeiingspad wat Agrico nie saam met jou stap nie. Hulle voorsien ook kwaliteit komponente soos pompe, filters, spuite, en kleppe, vanaf die mees betroubare name in die industrie. Klante kan dus vertrou dat hulle stelsels nie net werk nie, maar ook áánhou werk oor die langtermyn.

Agrico integreer ook gevorderde beheermodules vir drupstelsels, wat boere toelaat om vloei, tyd en sones deur slimfone of rekenaars te bestuur. Dit is ‘n reuse voordeel vir grootskaalse produksie waar akkurate tydsberekening kritiek is.

Grondbewerking: Stewig en doeltreffend

Benewens besproeiing het Agrico se reeks grondbewerkingstoerusting ook die kollig geniet. Hierdie werktuie, waaronder Agrico se Hoë Spoed Dis, skeurploëe, skraper en meer, is ontwerp vir Suid-Afrikaanse toestande. Die implemente is geou vir duursaamheid en eenvoudige instandhouding, beide kernaspekte vir boere in Suid-Afrika se uitdagende omstandighede.

Agrico help ook boere om die regte werktuig vir hulle spesifieke grondtipes en gewasse te kies, met tegniese raad wat bydra tot optimale grondgesondheid.

Komponente en parte: Elke koppeling tel

Agrico weet dat ‘n besproeiingstelsel net so sterk is soos sy kleinste komponent. Daarom spog hulle met ‘n omvattende reeks bykomstighede wat pype, pompe, filters, kleppe, en passtukke insluit.

Agrico vervaardig die volledige reeks van uPVC, mPVC en S&D (sewage & drain) pyp in-huis. Met alle PVC pype SANS-geakkrediteer, kan klante verseker wees dat die pye van hoë kwaliteit is en hul stelsels sal hou. Ander pypreekse sluit hoëdruk HDPE en LDPE-pype, pompe in verskeie groottes en tipes, sowel as  filtreerstelsels wat verseker dat drup- en mikrostelsels nie verstop nie. Daar is ook tegniese raad beskikbaar om seker te maak jy kies die regte een vir jou toepassing. Hierdie aandag aan detail is wat Agrico se reputasie vir gehalte so sterk maak.

Alles onder een dak – ontwerp, diens en ondersteuning

Wat Agrico uniek maak, is nie net hulle produkte nie, maar hulle holistiese benadering. Van die eerste gesprek tot die laaste draai van die besproeiingsklep, is daar ‘n span ingenieurs, tegnici en verkoopspersoneel wat saamwerk om seker te maak die stelsel pas perfek by die boer se behoeftes.

Agrico het ‘n landwye teenwoordigheid met meer as veertig takke en agente. Dit beteken vinnige toegang tot onderdele, tegniese hulp en opgraderings. Boere is nooit aan hulle eie genade oorgelaat nie.

Tegnologie in diens van die boer

NAMPO is jaarliks ‘n barometer vir wie die landbou vooruit stoot. Agrico het gewys hulle verstaan nie net die boer se uitdagings nie, maar bring oplossings wat werk. Deur voortreflike ingenieurswese te kombineer met praktiese boerdery-insette, bly Agrico ‘n naam waarop die Suid-Afrikaanse boer kan vertrou.

Related articles

NAMPO 2025: Agrico wys pad vorentoe met slim besproeiing

Met die tema “alles vir jou besproeiing, onder een dak”, het Agrico se indrukwekkende uitstalling in Bothaville die klem geplaas op hulle wêreldklas-produkte en -dienste, met spesifieke fokus op die G4 spilpunt, presisie besproeiing, en die volledige reeks besproeiingstoebehore.

Read More »

Agrico golfday: Komatipoort swings into action for amputees

The annual Agrico Komatipoort Golf Day, held at the Kambaku Golf Club on 16 May, once again proved that giving back can be both meaningful and fun. This year’s event brought together 60 players, numerous suppliers, and more than 200 attendees, all in support of Jumping Kids, a nonprofit organisation that empowers children with prosthetic needs through sport.

Read More »