NAMPO Kaap 2023: Agrico help jou die mees effektiewe besproeiingsoplossings ontdek

Om onsself as die beste besproeiingsverskaffer in suidelike Afrika te vestig, moet ons luister wat ons klante se behoeftes is. NAMPO Kaap bied vir ons daardie waardevolle geleentheid. 

Agrico lewer ’n verskeidenheid produkte, maar in ons hart is besproeiing die fokus. Dit is ook wat ons hierdie jaar gaan demonstreer by NAMPO Kaap, wat plaasvind 13 – 16 September 2023 in Bredasdorp.

Agrico se vlagskip G3 en G4 spilpunte, is net een van die vele oplossings wat ons aan die boer bied. In ՚n land waar water en deesdae elektrisiteit skaars kommoditeite is, is die optimale benutting van hulpbronne Agrico se hooffokus.

“Ons wil graag deel wees van die waardeketting vir die boer. Ons kan enige besproeiingstelsel aanpas vir ՚n boer se behoeftes, vir die gewasse wat hy plant en die omstandighede op sy plaas. Dit is die waarde wat ons span kundiges regoor die land vir die landbou bied,” se Johan Visser, lae volume besproeiingskundige.

Laevolumebesproeiing is in baie gevalle ’n ideale oplossing. Watergebruik kan fyn bestuur word en oplosbare voedingstowwe kan presies by die plante se wortelsisteem geplaas word. Mikrobesproeiing is nog ՚n laevolume- oplossing wat met groot sukses deur veral deur boordboere gebruik word. Die wye verskeidenheid spuite sorg vir waterplasing vir enige behoefte.

Om so ՚n stelsel doeltreffend te laat werk is daar sekere noodsaaklike komponente. By Agrico, word net die beste gehalte produkte van betroubare verskaffers ingevoer of plaaslik aangekoop. Ons het ook drie fabrieke waar baie van die komponente vervaardig word.

“Die kundiges by ons takke kan jou help met enige produk – pype, filters, kleppe, koppelstukke, pompe, spuite en meer – wat jy ook al nodig het. Ons streef daarna om voorraad naby jou te hê,” se Johan Myburgh, produkbestuurder. 

Ons sien uit om volspoed terug te wees by NAMPO Kaap. Kom maak ‘n draai by stalletjie 31 in die BKB saal, en vra jou vrae. Ons sien uit om jou te help om jou optimale en mees doeltreffende besproeiingsoplossing te ontdek!

 

Wanneer: 13 – 16 Sep 2023

Waar: Fabrieks Rd, Bredasdorp, 7280

Stalletjie: BKB Saal, 31

Kontaknommer: +27 72 206 9352

Koop kaartjies: TicketPro

Related articles

NAMPO 2025: Agrico wys pad vorentoe met slim besproeiing

Met die tema “alles vir jou besproeiing, onder een dak”, het Agrico se indrukwekkende uitstalling in Bothaville die klem geplaas op hulle wêreldklas-produkte en -dienste, met spesifieke fokus op die G4 spilpunt, presisie besproeiing, en die volledige reeks besproeiingstoebehore.

Read More »

Agrico golfday: Komatipoort swings into action for amputees

The annual Agrico Komatipoort Golf Day, held at the Kambaku Golf Club on 16 May, once again proved that giving back can be both meaningful and fun. This year’s event brought together 60 players, numerous suppliers, and more than 200 attendees, all in support of Jumping Kids, a nonprofit organisation that empowers children with prosthetic needs through sport.

Read More »