Niel Venter neem leisels van Agrico Ceres: “As die boer floreer, word die gemeenskap versterk.”

Dit is vir die Agrico-span ‘n plesier om Niel Venter as die nuwe takbestuurder van Agrico Ceres voor te stel. Vanaf Junie 2023, sal Niel en sy span vir Ceres se produsente ondersteun deur effektiewe ontwerpe, toegewyde dienslewering en ‘n wye reeks besproeingskomponente. Niel neem die bestuur oor by Cobus Dreyer, wie Agrico Ceres gelei het vanaf 2016 tot 2023. 

Jare se passie vir besproeiing en ontwerp

Niel se loopbaan by Agrico het in 2015 afgeskop toe hy as ‘n vakleerling by Agrico Bellville aangesluit het. Oor die volgende paar jaar het hy sy vaardighede aangeskerp en ervaring opgedoen tot hy in 2019 na besproeiingsontwerper by Agrico Ceres bevorder is, en uiteindelik as takbestuur aangewys is in 2023.⁠ 

Niel word geken vir sy positiewe houding, diensbaarheid, inistiatief en vermoë om planne in werking te stel. Oor die jare het sy passie vir besproeiingsontwerp nooit gekwyn nie, meen Niel. Om ‘n oplossing the sien realiseer vanaf opmeting en ontwerp tot ‘n werkende pomphuis, spilpunt of ander besproeiingstelsel, is vandag nog net so bevredigend soos agt jaar gelede. 

Gevra oor die grootste les geleer deur sy loopbaan, is sy antwoord eenvoudig: ‘n mens maak foute. Dit is belangrik om te erken wanneer ‘n fout begaan is, om verantwoordelikheid te neem en dit reg te stel. ⁠

Toegewyde ondersteuning teen alle tye

Niel glo dat Agrico ‘n belangrike rol speel om die lewensgehalte van Ceres se inwoners van te verbeter. As takbestuurder hoop hy om die produsente te ondersteun met uitstekende diens en optimale besproeiingsontwerpe. 

“‘n Boer het geen inval- of uitvaltyd nie. Noodgevalle is geneigd om op Sondae, langnaweke en oor Kersfees te ontstaan. Selfs dan moet jy beskikbaar wees om te help,” sê Niel. “Hoe meer die boer floreer, hoe sterker word die hele gemeenskap.”

Dit is deur hierdie tipe toewyding dat hy hoop om die tak se voetspoor uit te brei en Agrico Ceres se beeld te verfris. Agrico is saam met Niel opgewonde oor die toekoms van Agrico Ceres, en wens hom en sy span alle voorspoed met alles wat hul aanpak.

Related articles

Vrymansfontein shows how almond farming thrives in South Africa

At Vrymansfontein, part of the Vondeling Group in South Africa’s Paarl district, almond farming is thriving thanks to a combination of ideal climate and efficient irrigation practices. With plans to harvest its first commercial crop in 2025, the farm uses a tailored drip irrigation system designed in partnership with Agrico to meet the specific needs of almonds.

Read More »

Agrico Lichtenburg help 2-weke lange kragonderbrekings oplos

Inwoners van Lichtenburg in Noordwes ervaar al meer as twee weke lank onderbrekings in kragtoevoer, nadat ‘n Eskom-transformator gebreek het en ‘n kabelfout by ‘n minisubstasie ontstaan het. Agrico het saam met ander tegniese spanlede van plaaslike ondernemings, hulp aangebied om die probleem op te los.

Read More »

Agrico se moderne tegnologie baat een van die oudste plase in Suid-Afrika

Groot Phesantekraal Boerdery, naby Durbanville, is een van Suid-Afrika se oudste plase en die eerste koringplaas. In 2024 is dit ‘n diverse familieboerdery, bestuur deur die vierde en vyfde geslag van die Brink-familie. Hul vennootskap met Agrico staan deur die jare. Beide Agrico en die boerdery is in Durbanville geleë, wat hul verbintenis aan die gemeenskap versterk.

Read More »