Nuwe hoofstuk vir Agrico Vredendal met Roekie Coetzee aan die stuur

Met die opwinding wat ’n nuwe jaar bring, is dit vir ons ’n voorreg om vir Roekie Coetzee terug te verwelkom as takbestuurder van Agrico Vredendal. Met sy kundigheid, kennis van die plaaslike area en besigheidsvernuf, sien ons uit na die vars bries van vernuwing wat binnekort deur ons Vredendal-tak sal waai. 

‘n Vredendaller in murg en been

Gebore en getoë op Vredendal, het Roekie sy  loopbaan in 1996 afgeskop by Spilhaus Vredendal as besproeiingsontwerper en verkoopsman. In 2005, het hy vir die eerste maal aangesluit by die Agrico-span, waar hy na vier jaar later bevorder is na takbestuurder. 

Met die verkoop van Agrico se meganisie divisie, het Roekie en Agrico se paaie egter geskei toe hy as takbestuurder van AFGRI Equipment Vredendal begin het.

Industrie ondervinding en kennis van die plaaslike omgewing, het hom gemotiveer om uiteindelik sy eie besigheid te begin. ‘WDC PROJECTS’ is gestig in Februarie 2023 in Vredendal, met die fokus op residensiële wateroplossings, besproeiing, fertigasie en buffertenke. In ’n rekordtyd het Roekie en sy span ’n suksesvolle besigheid opgebou, voor sy terugkeer na Agrico om die tak te lei na ’n nuwe hoofstuk. 

Om te lei deur voorbeeldstelling

Roekie beklemtoon die waarde van ’n maatskappy se beeld. Terwyl dissipline rondom voorraad kontrole en uitgawes die grondslag lê, is die indruk wat die personeel as verteenwoordigers van die maatskappy skep, krities vir sukses.

“Kommunikasie met klante is van kardinale belang. Om ’n produk of stelsel te verkoop is een ding, maar dit is die na-verkopediens wat klante laat terugkom,” meen Roekie. 

Hy glo ook in die impak van ’n goeie voorbeeld. ’n Wenspan kort mos ’n sterk leier, of hoe?

“Ek is mal daaroor om mense te motiveer deur my eie optrede. Ek sal dit as ’n groot uitdaging om Agrico Vredendal te kry op die pragtige standaard wat Agrico se nuwe persele nou is. Ek wil iets skep waarop die personeel trots kan wees, en vir klante ’n aangename ervaring bied wanneer hulle ons besoek,” sê Roekie.

“Daar is soveel potensiaal in die omgewing en ’n maatskappy soos Agrico kan baie waarde toevoeg. Dit sal ook een van my mikpunte wees om die handelsmerk meer te bemark deur betrokkenheid by gemeenskapsprojekte. Ek sal graag wil help om die Agrico handelsmerk tot sy verdiende glorie in die Vredendal omgewing te herstel.”

Deur sy lang en toegewyde loopbaan in Vredendal, het Roekie sterk verhoudings met produsente gevestig, gebaseer op sterk tegniese kennis en betroubare diens. Dit is Agrico se voorreg om vandag hierby te baat, en ook vir Roekie die logistieke en administratiewe ondersteuning te bied om nog beter klantediens te kan lewer.

Related articles

Vrymansfontein shows how almond farming thrives in South Africa

At Vrymansfontein, part of the Vondeling Group in South Africa’s Paarl district, almond farming is thriving thanks to a combination of ideal climate and efficient irrigation practices. With plans to harvest its first commercial crop in 2025, the farm uses a tailored drip irrigation system designed in partnership with Agrico to meet the specific needs of almonds.

Read More »

Agrico Lichtenburg help 2-weke lange kragonderbrekings oplos

Inwoners van Lichtenburg in Noordwes ervaar al meer as twee weke lank onderbrekings in kragtoevoer, nadat ‘n Eskom-transformator gebreek het en ‘n kabelfout by ‘n minisubstasie ontstaan het. Agrico het saam met ander tegniese spanlede van plaaslike ondernemings, hulp aangebied om die probleem op te los.

Read More »

Agrico se moderne tegnologie baat een van die oudste plase in Suid-Afrika

Groot Phesantekraal Boerdery, naby Durbanville, is een van Suid-Afrika se oudste plase en die eerste koringplaas. In 2024 is dit ‘n diverse familieboerdery, bestuur deur die vierde en vyfde geslag van die Brink-familie. Hul vennootskap met Agrico staan deur die jare. Beide Agrico en die boerdery is in Durbanville geleë, wat hul verbintenis aan die gemeenskap versterk.

Read More »