Ontmoet die boere van Pandamatenga wat Botswana se silos vol hou

– Jaco Cilliers

Pandamatenga is ‘n landbou distrik in die Noorde van Botswana wat meer as 40 000 hektaar se landbougrond beslaan. Hierdie streek word omhein deur 150 km se wildheining wat sorg dat konflik tussen mens en dier tot die minimum beperk word in die groter wildernisgebied. Vanaf 1999 tot 2025, het Pandamatenga gegroei tot in die streek wat die meeste van die land se graan produseer. Vandag staan dit bekend as die broodmandjie van Botswana. 

In die middel 1980’s het die regering van Botswana ervare boere uit aangrensende Afrika-lande genooi om graanproduksie in die noordelike streek te begin, wat toe nog ongerepte wildgrond was met ryk swart kleigrond. Ander boere het ’n paar jaar later by die poging aangesluit toe die boerdery gebied uitgebrei is.

Sorghum, suikerbone, sonneblom, mielies, koring, millet, sojabone, kekerertjies, swartoogboontjies en mungboontjies is net van die graansoorte wat in Pandamatenga verbou word. Bo en behalwe graan, is daar ook verskeie soorte groente en vrugte wat hier geproduseer word.

’n Handjie van die Pandamatenga boere

Pandamatenga spog ook al vir 26 jaar met sy eie boerevereniging, waar boere – oud en jonk – die landbou verteenwoordig. Hierdie mans en vrouens staan bekend as ‘Pandamatenga-boere’ en die bewaarders van Botswana se ‘voedselmandjie’.

Kallie Viljoen is die voorsitter van die Pandamatenga Boerevereniging. Hy boer met graan en groente onder beide spilpunt- en dripstelsels, en hy plant ook graan op droëlande.

Dean Hatty boer met koring en sorghum op droëlande en onder spilpunt besproeiing. Dean en sy gesin het na Botswana verhuis vanuit Zimbabwe in die vroëe 2000’s, na hul plaas onteien is as deel van die land se abrupte grondhervormingsprogram. 

Fred van Vuuren (Jnr) boer met aartappels en bied waardevolle insigte oor die boerderybedryf in Botswana. Een van die grootste verskille tussen boer in Botswana teenoor Suid-Afrika, meen hy, is dat boere hul produkte direk aan die verbruiker bemark in Botswana. Behalwe aartappels, verbou die boerdery ook verskeie soorte graan en maak hulle gebruik van boorgatwater tot hulle beskikking om die landerye met spilpunte te besproei. 

Piet Strachan is ’n graanboer wat al van die vroëe 1990’s af in die streek boer. Plaaslik geken as “Oom Piet”, vertel dié passievolle boer sy ervaring van Pandamatenga se vroeë dae: hoe wild die streek was toe hulle daar begin het, en hoe die ontwikkeling oor die afgelope dekades plaasgevind het.

Unieke uitdagings van Botswana

Te oordeel aan die toerusting wat snags in die lande gelos word sonder slot en grendel is veiligheid en diefstal nie noodwendig sulke groot uitdagings as wat dit in Suid-Afrika is nie.  Daar is wel ander uitdagings wat die band tussen die boere versterk. 

In ’n area so afgeleë soos Pandamatenga is ondersteuning en geriewe van nabye dorpe ’n uitdaging, en ook ’n las wat al die boere van die area dra.  Pandamatenga is sowat 400 km vanaf Francistown, 800 km vanaf Gaborone en 1000 km vanaf Pretoria geleë. Die gehalte van die toerusting is dus van uiterste belang aangesien boere nie sommer vinnig kan dorp toe ry om onderdele te koop indien daar iets sou breek nie. 

Verder is die area se produsente afhanklik van alternatiewe energiebronne weens ‘n tekort aan elektrisiteit voorsiening op hul plase. Energie word opgewek deur sonpanele, en vir toerusting soos spilpunte wat hoër en meer konstante kilowatts nodig het, word diesel kragopwekkers ingespan. 

Vir ’n maatskappy om sukses te behaal in hierdie omgewing kan die belangrikheid van gehalte produkte, verbruikersvriendelikheid en uitstekende na-verkopediens nie onderskat word nie. Dit is juis wat Agrico bied. 

“Vir die laaste 15 jaar is Agrico Nylstroom aktief betrokke in die streek, en die vermoë om hoë gehalte diens en produkte te kan lewer word verseker deur die getroue ondersteuning van die boere in die omgewing,” sê Theo van Staden, streeksbestuurder van Agrico in die Limpopo provinsie.

Pandamatenga se boere bewys dat daar geleenthede lê in selfs uitdagende omstandighede, mits daar genoeg passie en wil is. Oplossings kan dikwels gevind word in skeppende denke, binne ‘n gemeenskap wat mekaar ondersteun, en met die bystand van maatskappye soos Agrico. 

Hou gerus Agrico se kanale dop oor die volgende paar maande om meer te leer oor elkeen van die boere in die distrik. 

Related articles

Van pasraam tot plaasgereed: ontdek hoe Agrico se HSD’s vervaardig word

Van pasraam tot plaasgereed: ontdek hoe Agrico se HSD’s in Suid-Afrika vervaardig word met plaaslike vakmanskap, gevorderde tegnologie en deeglike toetsing. Elke implement begin as ’n idee, word in detail ontwerp, vervaardig van kwaliteit staal, en saamgestel om optimale prestasie en duursaamheid te verseker. Agrico se plaaslike ingenieurs verstaan die uitdagings van Afrika-plase, wat beteken dat elke HSD nie net robuust en betroubaar is nie, maar ook die trots van plaaslike vervaardiging dra.

Read More »

Feature by feature: What sets the Agrico G3 centre pivot apart

Choosing the right centre pivot is about more than just moving water. It’s about finding a system that fits your land, your crops and the realities of farming conditions. The Agrico G3 centre pivot was developed with exactly this in mind. Let’s unpack the system feature by feature, showing how flexibility and strength come together to form a reliable irrigation solution.

Read More »

Danksy mikrospuite is Endulini in beheer in die boorde

Terwyl drupbesproeiing ’n gewilde opsie vir sitrusboerderye is, is die regte besproeiingstelsel die een wat vir die spesifieke boer wérk. Vir die Endulini-boerdery van Pietie Ferreira in die Gamtoosvallei en die Sondagsriviervallei is die bestuurspraktyke wat met mikrobesproeiing gepaard gaan, die wenresep.

Read More »

Panda Potatoes: Agrico se verbintenis tot Afrika se boere

In die Pandamatenga-distrik in noordelike Botswana wys Panda Potatoes hoe doeltreffende besproeiingstegnologie ’n boerdery kan omskep. Waar klimaat en grondtoestande uitdagings bied, vorm waterbestuur en betroubare Agrico-spilpunte die kern van hul suksesvolle aartappelproduksie.

Read More »