Agrico se T1250 skeurploeg trotseer hardnekkige grond vir diep bewerking

– Natasha Pretorius, ProAgri

Wanneer ’n bielie van ’n implement deur die grond sny soos ’n warm mes deur botter, kan dit enige boer se hart vinniger laat klop. Hierdie implement is die Agrico T1250-skeurploeg, wat gedurende die Hoopstad Groentoer aan boere gedemonstreer is.

Hoopstad Groentoer bring boere bymekaar

Die Groentoer, aangebied deur die Hoopstad Landbougenootskap, het boere van wyd en syd bymekaar gebring om saam met landboukenners te gesels oor die verbouiing van mielies, sojas, grondboontjies, makadamianeute, en meer.

Die toer het besoeke aan verskeie plase in die omgewing ingesluit. Een van die hoogtepunte was beslis die demonstrasies van implemente, waar Agrico se T1250-skeurploeg gewys hoekom hy gemaak is vir die Hoopstad grond.

’n Sterk implement kort ’n sterk trekker, en daarom is die T1250 deur ’n Case IH Steiger Quadtrac 715 gesleep tydens die demonstrasie.

Meer oor Agrico T1250 skeurploeg

Volgens Paul Burger, Agrico se implement produkbestuurder, is die agt-tand T1250 een van Agrico se meer kompakte skeurploë. Hierdie ploeg is nie net ’n werkesel nie; dit kom ook met verskeie opsies wat dit ’n eenpas-implement kan maak.

Die T1250 het ’n 6 m-hoofraam, ’n 3 m-vlerkdisselboom en is 4 meter lank – die implement bied dus ’n goeie kombinasie van lengte, draaivermoë en stabiliteit. Dit is die langste skeurploeg in die Agrico T-reeks en hy het ’n kragvereiste van tussen 54 en 82 pk (40 tot 60 kW) per tand en ’n wegbreekkrag van 12 500 N/m.

Gemaak vir diep bewerking

Die spesifieke skeurploeg wat gedemonstreer is, het ’n kouterbalk (coulter) voor om oesreste op te sny. Hierdie kouterbalk is verstelbaar met die hand of kan hidroulies aangepas word om vanuit die kajuit verstel te word.

Die tande van die T1250 werk veral goed in sandgrond, kan tot 800 mm diep sny en is 762 mm uitmekaar gespasieer.

“Die tande is baie goed vir sandareas en kan baie diep werk. Dit lewer vir jou ’n baie goeie opbrengs. Hoe dieper jy werk, hoe beter is jou opbrengs,” meen Paul.

Die implement kry sy naam van sy balkvryhoogte van 1.25 m, wat goeie materiaalvloei verseker. Dit sny deur plantmateriaal en groot kluite, wat die pad oopmaak vir die tande om egalig deur die grond te beweeg sonder om die bolaag te veel te versteur.

In sandgronde is kluite minder problematies, maar in kleigrond sny die kouter die groter kluite oop en vergemaklik dus die plantproses.

Verstelbare roller vir ‘n volwaardige eenpas-implement

Agter die implement is ’n verstelbare roller wat met die hand of hidroulies aangepas kan word vanuit die kajuit. “In vandag se tye met hoë arbeidskoste en duur staantyd, is dit tot jou voordeel,” sê Paul.

Die roller het ’n saagtandpatroon wat ’n fyner grondoppervlakte lewer. In sandvelde kan die skeurploeg met die roller agterop dikwels genoegsame afwerking gee vir plant, wat dit ’n volwaardige eenpas-implement maak.

“Landbou beweeg in ’n rigting waar eenpas-grondbewerking meer gewild word. Dit spaar die boer tyd en diesel,” verduidelik Paul.

Duursaamheid en gehalte

Agrico se T-reeks-skeurploë word van hoëgehalte materiaal vervaardig om slytasie op die tande te verminder en ’n langer lewensduur te verseker. Die tande herstel ook outomaties tydens werking, sonder dat die boer spoed hoef te verminder of die implement opgelig moet word.

Die demonstrasie van die Agrico T1250 by die Hoopstad Groentoer het duidelik gewys dat hierdie skeurploeg nie net krag en diepte bied nie, maar ook praktiese byvoegings wat boere tyd, arbeid en diesel kan bespaar. Met sy kombinasie van sterkte, aanpasbaarheid en duursaamheid, is die T1250 ’n implement wat werklik sy staal wys in Suid-Afrikaanse gronde.

Om meer oor hierdie implement te leer,  stuur ’n epos aan paul by paul.burger@agrico.co.za.

Related articles

Van pasraam tot plaasgereed: ontdek hoe Agrico se HSD’s vervaardig word

Van pasraam tot plaasgereed: ontdek hoe Agrico se HSD’s in Suid-Afrika vervaardig word met plaaslike vakmanskap, gevorderde tegnologie en deeglike toetsing. Elke implement begin as ’n idee, word in detail ontwerp, vervaardig van kwaliteit staal, en saamgestel om optimale prestasie en duursaamheid te verseker. Agrico se plaaslike ingenieurs verstaan die uitdagings van Afrika-plase, wat beteken dat elke HSD nie net robuust en betroubaar is nie, maar ook die trots van plaaslike vervaardiging dra.

Read More »

Feature by feature: What sets the Agrico G3 centre pivot apart

Choosing the right centre pivot is about more than just moving water. It’s about finding a system that fits your land, your crops and the realities of farming conditions. The Agrico G3 centre pivot was developed with exactly this in mind. Let’s unpack the system feature by feature, showing how flexibility and strength come together to form a reliable irrigation solution.

Read More »

Danksy mikrospuite is Endulini in beheer in die boorde

Terwyl drupbesproeiing ’n gewilde opsie vir sitrusboerderye is, is die regte besproeiingstelsel die een wat vir die spesifieke boer wérk. Vir die Endulini-boerdery van Pietie Ferreira in die Gamtoosvallei en die Sondagsriviervallei is die bestuurspraktyke wat met mikrobesproeiing gepaard gaan, die wenresep.

Read More »

Panda Potatoes: Agrico se verbintenis tot Afrika se boere

In die Pandamatenga-distrik in noordelike Botswana wys Panda Potatoes hoe doeltreffende besproeiingstegnologie ’n boerdery kan omskep. Waar klimaat en grondtoestande uitdagings bied, vorm waterbestuur en betroubare Agrico-spilpunte die kern van hul suksesvolle aartappelproduksie.

Read More »