
Agrico + sonkrag + gravitasie = ’n besproeiingsdroom
In samewerking met Agrico-kundiges is dit nou vir Carl en Cawood Crous moontlik om water met sonkrag van rivier na dam te pomp, en met behulp van gravitasie na hul spilpunte te vervoer.
Wanneer jy ’n Agrico-implement deur jou lande sleep, wéét jy dit is ’n implement waarop jy kan staatmaak. Agter die robuuste raam en presiese werking, lê egter ’n vervaardigingsproses wat nét so indrukwekkend soos die groen masjien self is.
Elke implement word met sorg en gevorderde vakmanskap in Suid-Afrika gebou, sodat dit nie net ’n glimlag op jou gesig laat nie, maar jou ook trots laat voel om plaaslik te ondersteun.
Agrico se resep vir ware gehalte lê nie net in die eindproduk nie, maar in elke stap van vervaardiging.
Plaaslike ingenieurs het noue bande met ons boere, verstaan die uitdagings van grond wat bewerk moet word op Afrika se plase, en ontwerp daarvolgens. Hulle kan die veld self besoek, die skaal van die operasie sien, en die nodige aanpassings aan ontwerpe maak om die implement optimaal te laat funksioneer.
Elke Hoë Spoed Dis (HSD630) begin as ’n konsep. Agrico se span ingenieurs neem ’n idee, doen die nodige navorsing, en skep daaruit ‘n gedetaileerde ontwerp.
Hierdie navorsing dien as die grondslag vir die bou en toets van ’n prototipe, sodat enige moontlike probleme vroeg geïdentifiseer en opgelos word. Eers wanneer hierdie toets-model homself goed van sy taak kwyt, word volskaalse produksie afgeskop.
Elke implement begin met plaaslik verkrygde staalbalke en -plate, gekies vir hul sterkte en geskiktheid vir uitdagende Afrika-omstandighede. Hierdie kwaliteit staal dra by tot ’n sterker raamwerk en ’n implement wat langer hou.
Die staal word gesny, gedraai en gebuig met behulp van gevorderde CNC-masjiene en lasersnytegnologie. Die gebruik van die nuutste tegnologie in vervaardiging verseker akkuraatheid en minimale vermorsing. Ontwerpsingenieurs skryf programme wat deur die proses gebruik word om te verseker dat elke nuwe implemente se verskillende komponent aan dieselfde hoë vlak van gehalte voldoen. Presisie tydens vervaardiging is krities vir ’n duursame implement, wat effektief werk en minimale onderhoud benodig.
Die CNC-bewerkte en gebuigde dele word in die sweisafdeling saamgevoeg met pasrame (jigs) om ’n akkurate produk met strukturele integriteit te verseker. Elke taak word deur ervare voormanne gekontroleer om te verseker dat die raamwerk maksimum rigiditeit het vir jare se betroubare diens.
Komponente soos skottels, tande en rollers word voorberei en geverf voordat al die komponente van die implement aanmekaar gesit word. Die verfproses sluit twee lae onderlaag en twee lae Agrico-groen verf in om nie net ’n netjiese afwerking te verseker nie, maar ook die implement te beskerm teen roes.
Al die komponente word bymekaar gevoeg om ‘n voltooide implement te lewer. Rollers en ander bewegende dele word geïnstalleer en gekalibreer volgens spesifikasies vir optimale werking. Voor dit die fabriek verlaat, word elke implement deeglik getoets en geïnspekteer om seker te maak dit voldoen aan die nodige standaarde.
Met plaaslike vervaardiging het die Agrico-span ’n groter vermoë om te kan reageer op probleme wat mag opduik, terugvoering of ander waarnemings. Die Engelse uitdrukking ‘mind the shop’, beteken dat besighede wat kies om plaaslik te vervaardig eerstehands betrokke kan wees by elke stap van die produksieketting.
Daar kan gesien word hoe ’n produk funksioneer, hoe die produksieproses verloop en watter terugvoering klante gee, om akkuraat en vinnig die nodige aanpassings aan te bring.
Agrico se Hoë Spoed Dis is nie net ’n implement nie, dit is die eindproduk van tegnologie, toewyding en plaaslike trots. Van pasraam tot plaasgereed, elke stap is deurdink en doelgerig. Dís hoe jy weet jy kry ’n implement gebou om te hou.
Kyk hierdie berig se video op ons YouTube kanaal.

In samewerking met Agrico-kundiges is dit nou vir Carl en Cawood Crous moontlik om water met sonkrag van rivier na dam te pomp, en met behulp van gravitasie na hul spilpunte te vervoer.

Elke druppel water wat op die plase Kromvlei en Vrede, in die distrik Piketberg gebruik word, tel. As deel van die Karsten-groep se boerdery, word watertoediening op beide plase wetenskaplik en met deeglike beplanning aangepak. Hul vennoot in dié proses, is Agrico.

Wanneer ’n bielie van ’n implement deur die grond sny soos ’n warm mes deur botter, kan dit enige boer se hart vinniger laat klop. Hierdie implement is die Agrico T1250-skeurploeg, wat gedurende die Hoopstad Groentoer aan boere gedemonstreer is.

Van pasraam tot plaasgereed: ontdek hoe Agrico se HSD’s in Suid-Afrika vervaardig word met plaaslike vakmanskap, gevorderde tegnologie en deeglike toetsing. Elke implement begin as ’n idee, word in detail ontwerp, vervaardig van kwaliteit staal, en saamgestel om optimale prestasie en duursaamheid te verseker. Agrico se plaaslike ingenieurs verstaan die uitdagings van Afrika-plase, wat beteken dat elke HSD nie net robuust en betroubaar is nie, maar ook die trots van plaaslike vervaardiging dra.

Choosing the right centre pivot is about more than just moving water. It’s about finding a system that fits your land, your crops and the realities of farming conditions. The Agrico G3 centre pivot was developed with exactly this in mind. Let’s unpack the system feature by feature, showing how flexibility and strength come together to form a reliable irrigation solution.

Terwyl drupbesproeiing ’n gewilde opsie vir sitrusboerderye is, is die regte besproeiingstelsel die een wat vir die spesifieke boer wérk. Vir die Endulini-boerdery van Pietie Ferreira in die Gamtoosvallei en die Sondagsriviervallei is die bestuurspraktyke wat met mikrobesproeiing gepaard gaan, die wenresep.