
Agrico + sonkrag + gravitasie = ’n besproeiingsdroom
In samewerking met Agrico-kundiges is dit nou vir Carl en Cawood Crous moontlik om water met sonkrag van rivier na dam te pomp, en met behulp van gravitasie na hul spilpunte te vervoer.
Langs die Vaalrivier in die Noordwes-Vrystaat boer die broers Carl en Cawood Crous op die plaas Waterford buite Viljoenskroon met mielies, sojaboon, sonneblom, koring en ’n Draughtmaster-stoet. Hulle maak van aanvullende besproeiing gebruik.
Dít na hulle weens uitdagings soos beurtkrag vir die soveelste keer met ’n mooi oes op die land gesit het, maar nie in staat was om te besproei nie. So is die besluit geneem om met Agrico hande te vat vir ’n unieke, pasgemaakte besproeiingstelsel.
“Ons droom om ’n pompstasie te bou wat dit moontlik maak om te besproei wanneer die rivier in vloed is of nie, kon waar word. Ons het ’n groot dam op die plaas gebou wat as battery dien en enorme kragbesparingsvoordele inhou,” verduidelik Carl.
Johann Marnewick, Agrico-takbestuurder van Lichtenburg, en André van Jaarsveld, besproeiingsontwerper by Agrico, het saam met Carl en Cawood die vorige besproeiingstelsel omgeskakel van ’n stelsel met verskeie onttrekkingspunte na ’n stelsel met slegs een onttrekkingspunt waar die dam en ’n sonkragstelsel geïnkorporeer kon word. Deeglike voorafbeplanning is met behulp van hommeltuigfoto’s van die omgewing gedoen.
Cawood vertel hoe water met ’n sonkragstelsel uit die onttrekkingspunt vanuit die rivier oor 2,4 km (via ’n 500 mm-deursnee pyp) na die dam gepomp word. Die hoë ligging van die dam maak dit moontlik om water na die spilpunte te graviteer. “Ons is geseënd dat ons die natuur tot ons voordeel kan gebruik.”
As lede van NERSA kan hulle oortollige krag wat met die sonkragstelsel opgewek word, na die elektrisiteitsnetwerk (grid) terugstoot wat weer later onttrek kan word. Die totale besproeiingstelsel word van die selfoon af bestuur en gemonitor waar kleurkodes aandui wat die presiese stand van sake is. Geen meer rondry met bakkies van die een pomp na die ander nie.
Johann brei uit oor die ontwerp: “Die pompstasie is só gebou dat water selfs in vloedtyd na die dam gepomp kan word. Die stasie is met gabions uitgebou sodat die vlotte goed binne-in die konstruksie beskerm word, maar steeds op en af saam met die water kan beweeg. Gravitasie voer die water na die spilpunte terwyl die druk wat fluktueer weens die oppervlak waaroor die spilpunte beweeg voortdurend deur Agrico-webbeheer gemonitor word. Daar waar die spilpunt oor ’n hoër deel moet beweeg, gee die stelsel outomaties vir daardie rukkie ’n ekstra bietjie druk totdat gravitasie weer kan oorneem. Agrico is trots daarop om die proses van A tot Z te verstaan en te hanteer – die vervaardiging, ontwerp, beplanning, installasie, asook die onderhoud na die tyd.”
Om jou energievoetspoor te verklein, kyk Agrico na die totale stelsel. Nie net een komponent bepaal die resultaat nie. Daarby maak inhuisvervaardiging van ’n groot hoeveelheid komponente dit moontlik om meer beheer oor die hele proses te hê.
Daar is nie vaste reëls as dit by besproeiing en gravitasie kom nie. Elke plaas is uniek. Carl beklemtoon dat dit alles oor samewerking gaan: “Agrico is ’n vennoot in ons besigheid wat bereid is om die ekstra myl te stap.”
Kontak een van jou naaste veertig Agrico-handelaars om jou spesifieke behoefte te ontleed en ’n pasgemaakte oplossing te kry. Parte word self deur Agrico in fabrieke in Bellville en Lichtenburg vervaardig, wat meebring dat die kennis oor die produk strek van ontwerp tot gebruik. Jy kan op ’n antwoord by Agrico staatmaak.

In samewerking met Agrico-kundiges is dit nou vir Carl en Cawood Crous moontlik om water met sonkrag van rivier na dam te pomp, en met behulp van gravitasie na hul spilpunte te vervoer.

Elke druppel water wat op die plase Kromvlei en Vrede, in die distrik Piketberg gebruik word, tel. As deel van die Karsten-groep se boerdery, word watertoediening op beide plase wetenskaplik en met deeglike beplanning aangepak. Hul vennoot in dié proses, is Agrico.

Wanneer ’n bielie van ’n implement deur die grond sny soos ’n warm mes deur botter, kan dit enige boer se hart vinniger laat klop. Hierdie implement is die Agrico T1250-skeurploeg, wat gedurende die Hoopstad Groentoer aan boere gedemonstreer is.

Van pasraam tot plaasgereed: ontdek hoe Agrico se HSD’s in Suid-Afrika vervaardig word met plaaslike vakmanskap, gevorderde tegnologie en deeglike toetsing. Elke implement begin as ’n idee, word in detail ontwerp, vervaardig van kwaliteit staal, en saamgestel om optimale prestasie en duursaamheid te verseker. Agrico se plaaslike ingenieurs verstaan die uitdagings van Afrika-plase, wat beteken dat elke HSD nie net robuust en betroubaar is nie, maar ook die trots van plaaslike vervaardiging dra.

Choosing the right centre pivot is about more than just moving water. It’s about finding a system that fits your land, your crops and the realities of farming conditions. The Agrico G3 centre pivot was developed with exactly this in mind. Let’s unpack the system feature by feature, showing how flexibility and strength come together to form a reliable irrigation solution.

Terwyl drupbesproeiing ’n gewilde opsie vir sitrusboerderye is, is die regte besproeiingstelsel die een wat vir die spesifieke boer wérk. Vir die Endulini-boerdery van Pietie Ferreira in die Gamtoosvallei en die Sondagsriviervallei is die bestuurspraktyke wat met mikrobesproeiing gepaard gaan, die wenresep.