– Bianca Henning
Groot Phesantekraal Boerdery is geleë naby Durbanville langs die oewer van die Dieperivier en het ‘n ryk geskiedenis wat al oor geslagte strek.
Op hierdie boerdery is een van die oudste plase in Suid-Afrika en die land se eerste koringplaas, geleë. Daarom word Vissershok plaas vandag amptelik as ‘n erfenishulpbronterrein erken.
In 2024, is Groot Phesantekraal Boerdery ‘n goed gediversifiseerde en vooruitstrewende familieboerdery met die vierde en vyfde geslag van die Brink-familie, André Brink en sy seuns, Rennie en Jeandré, aan die stuur van sake.
Die boerdery bestaan uit ses boerderytakke: kleingraan, vee (wat ‘n Dohne Merino-skaapboerdery asook Hereford-beeste insluit), wyndruiwe, ‘n voerfabriek, gasvryheidafdeling en ‘n nie-landboutak (bou departement) wat help om die plaas se risiko te versprei.
Die hele Brink-familie is betrokke in die dag-tot-dag operasies. André is verantwoordelik vir die algehele bestuur van die boerdery en identifiseer nuwe geleenthede vir uitbreidings en waardetoevoeging. Rennie bestuur die kleingraan- en wynafdelings, terwyl Jeandré op die veeafdeling en die voerfabriek fokus. André se vrou, Ronelle, hanteer die bemarking, administrasie en uitvoer van die wyn.
Die Dieperivier op die Vissershok plaas
André glo ‘n plaas, soos enige ander sake-onderneming, moet waak teen stagnasie. Daarom probeer hul om op die voorpunt van nuwe tegnologie en boerderymetodes te bly, mits dit funksioneel is, waarde toevoeg, asook kostedoeltreffend gebruik word om grondgebruik optimaal te bestuur en natuurlike hulpbronne in stand te hou.
Die Dieperivier het die plaas se storie gevorm – sy vestiging, uitdagings en toekoms hou alles verband met die rivier wat deur die plaas vloei.
Rennie Brink vertel: “Grondpryse het die afgelope paar jaar van ons vereis om meer op ons eie grond uit te brei. Die Dieperivier wat hier deur die plaas loop, loop elke winter baie sterk. Ons het sewe jaar geneem om die waterregtelisensie te kry. Daarna het ons redelik uitgebrei op die plaas en ‘n groot dam vir watervoorsiening vir besproeiing opgerig.”
Plaaslike vennote in Agrico
André se pa en die Andrag-familie kom al ‘n lang pad saam. Omdat beide Agrico en die boerdery in durbanville gelee is, het hul sterk daaroor gevoel om plaaslik te ondersteun.
“Ons het gevoel Agrico is die regte vennoot om in die bedryf te hê. Hulle het ons bygestaan om die regte besluite te neem.
“Ons grootse risiko hier in die omgewing is diefstal. Agrico het die nuwe geslag G4-spilpunt, wat diefstalbestand is, vir ons aanbeveel omdat dit feitlik geen sigbare komponente op die spilpunt het nie.”
Die Agrico-span het vir André die berekeninge oor potensiële besparings gemaak, insluitend die doeltreffendheid van die stelsels wat ontwerp is, en hulle het saam besluit om die projek af te skop.
Gerrie Herbst, meganiese ingenieur van Agrico, vertel: “Hier by Vissershok het ons ‘n pasgemaakte projek gedoen. Hier was geen ontwikkeling gewees nie, ons het van begin tot einde alles deurgedraf. Vanaf die oorspronklike ontwerp vir die 80 Ha wat hulle wou ontwikkel, tot ons aanbevelings vir die pomp en masjienkeuses, asook die fisiese oprigting van die spilpunte, die pompkamers en die suksesvolle voltooiing van die projek.”
Rennie vertel: “Ons het vier G4-spilpunte hier op die plaas opgerig, wat nou vir ons ‘n langer tydperk van die jaar gee om verskeie gewasse te plant, veral op ons kleinste sirkel wat 11 Ha beslaan en die grootste een van 25 Ha.”